Broederstroom Akkommodasie by Casa la Mer | LekkeSlaap
+23
+23

Casa la Mer

  • Vanaf R2 000 per nag (plek vir 8)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 18:00
  • Adres: Welgegund-plaas, Broederstroom, 0240, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Casa la Mer is 'n selfsorghuis in Broederstroom wat teen die hange van die Magaliesberge lê en uitkyk oor die Hartbeespoortdam.

Dié dubbelverdiepinghuis is in 'n stil en rustige omgewing geleë en bied asemrowende berg- en dam-uitsigte. Die huis beskik oor 2 slaapkamers wat elkeen beskik oor 'n en suite-badkamer, en daar is 'n ekstra solder-gedeelte. Elke en suite-badkamer het 'n bad en 'n stort. By Casa la Mer bied slaapplek aan 8 gaste. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, die tweede slaapkamer beskik oor 2 driekwartbeddens, en die solder-area is ingerig met 4 driekwartbeddens, 'n rusbank en klerekas. Geen beddegoed word voorsien nie, maar beddegoed kan versoek word teen 'n addisionele koste.

Die leefarea is oopplan en die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n stoof, 'n oond en oorgenoeg breekware en eetgerei vir 10 mense. Die leefarea het ook 'n gemaklike leer-hoekrusbank, 'n kaggel en 'n TV met volledige DStv. Die leefarea bied toegang tot 'n stoep met ingeboude braaigeriewe.

Casa la Mer spog met 'n verhitte swembad en buite-braaigeriewe. Die eiendom is ook veilig met 'n alarmstelsel en elektriese heining.

Parkeerplek vir 4 voertuie, afhangende van hul grootte, is beskikbaar. Daaglikse skoonmaakdienste kan op aanvraag en teen ekstra koste gereël word. Dié instansie is troeteldiervriendelik en gaste kan gerus hul dierekinders saambring. Gaste kan ook heerlik op die perseel voëlkyk, visvang, voetslaan, bootvaarte onderneem of die 4x4-roetes aandurf.

Die omliggende area bied 'n groter verskeidenheid buitelug-doendinge soos voetslaanroetes, bergklim, perdritte, en gholf by die Pecanwood Country Club, die Magaliespark Gholfbaan, of die Eco Seasons-oord. Adrenalienvrate sal ook bly wees om te hoor dat mens in die omgewing kan abseil, vierwielmotorfietse ry, mikroligtevliegtuigvlugte onderneem, valskermsweef, die Magaliesberg-boomtoptoere se Zipline aandurf, of die Bill Harrops warmlugballon-safari's op die proef stel.

Slaapplek

’n Bespreking by Casa la Mer sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 4 persone
4 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

3.6 uit 5van 13 resensies vir Casa la Mer
Netheid
3.2/5
Diens
3.9/5
Ligging
3.4/5
Veiligheid
3.9/5
Waarde vir geld
3.5/5

Ligging

  • Welgegund-plaas, Broederstroom, 0240, Noordwes
  • Gaste dink Casa la Mer het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 18:00
  • Adres: Welgegund-plaas, Broederstroom, 0240, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDg4MDAyM2NiLTQ0OTUtNGFmNC05Yzk4LWFjODQ0MzZiZjhiZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 000  per nag (plek vir 8) 13 5 1 4 Farm Welgegund Broederstroom 0240 Noordwes 086 999 0018 14:00-18:00 18:00 -25.774777777778 27.896416666667
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za