Casablanca
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Wireless-weg 87, Kommetjie, 7975, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R4 500 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Casablanca is 'n selfsorgstrandhuis stapafstand vanaf die strand in Kommetjie en bied gaste alles wat hulle nodig het om lekker vakansie te hou.
Casablanca is 'n lieflike dubbelverdiepinghuis met slaapplek vir 8 gaste. Die hoofslaapkamer op die boonste verdieping het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, Jacuzzi en 'n uitsig oor die see. Dié kamer het ook toegang tot die boonste dek. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en maak van 'n aparte badkamer met 'n stort gebruik. Die derde slaapkamer op die onderste verdieping het 2 enkelbeddens en 'n uitsig oor die swembaddek. Die vierde slaapkamer het 'n Marokkaanse tema en 'n dubbelbed. Dié slaapkamer het ook 'n en suite-badkamer met 'n Jacuzzi en 'n stort, sowel as toegang tot 'n binnehof met 'n Marokkaanse tema.
Die groot oopplan-kombuis is ten volle met 'n stoof, oond, yskas, aparte wynyskas, ysmasjien en 'n opwaskamer toegerus. Maaltye kan by die eetkamertafel geniet word. Gaste kan in die eerste sitkamer voor die TV met DStv, of in die tweede sitkamer met toegang tot die beskutte stoep en eetarea ontspan. WiFi is beskikbaar. Die huis het ook 'n groot dek op die boonste verdieping met 'n uitsig oor die see en op Chapmanspiek in die verte.
Casablanca is ruim genoeg om 'n groot groep familie en vriende te huisves, en bied 'n lieflike oopplan-kuierarea. Gaste kan in die swembad afkoel, op die onderdakstoep ontspan of afstap na die strand. Let asb. op dat die swembad nie 'n net het nie.
Slaapplek
’n Bespreking by Casablanca sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Jacuzzi
- Kombuisgeriewe
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ligging
- Wireless-weg 87, Kommetjie, 7975, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Wireless-weg 87, Kommetjie, 7975, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom