Casaplanca

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Casaplanca is 'n hout-strandhuis in die hartjie van Kleinbaai, stapafstand vanaf die Kleinbaai-hawe vanwaar haaihokduik-bote daagliks vertrek. Dié huis het 'n KolKol-bederfbad en 'n houtdek langs die voor- en sykant van die huis.

Dié moderne vierslaapkamerhuis bied slaapplek aan 13 gaste. Die hoofslaapkamer het lugversorging, 'n koningingrootte-bed, 'n driekwartbed en 'n bababedjie. Die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die ander kamer het 2 stapelbeddens. Die 2 slaapkamers op die onderste vloer het stapelbeddens met 'n dubbelbed onder en enkelbed bo. Die badkamer op die onderste vloer beskik oor 'n ou Victoriaanse bad, 'n toilet, 'n groot wasbak en 'n haardroër. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n ingeboude yskassie, 'n vrystaande yskas-vrieskas, elektriese oond en stoof, ketel, broodrooster, mikrogolfoond, glase, eetgerei en breekware. Die leefarea op die grondvloer is oopplan en daar is 'n L-vormige rusbank, kroegstoele, 'n eetkamertafel en stoele en 'n platskerm-TV met DStv (Premium-pakket). Daar is ook 'n waterfiltreerder en lugversorging op die onderste verdieping.

Die huis is kindervriendelik en beskik oor 'n bababedjie, babastoeltjie, bottel-steriliseerder, speelgoed en 'n opblaas-swembadjie.

Gaste het die gebruik van 'n braaiplek, 'n bederfbad en 'n dubbelmotorhuis met plek vir 2 groot motors. In die motorhuis is daar ook 'n wasmasjien en tuimeldroër. 'n Wasgoedlyn is buite beskikbaar.

Slaapplek

'n Bespreking by Casaplanca sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 3 volwassenes en 1 kind
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
1 x Kinderbedjie

Slaapkamer 2 - Huisves 4 persone
2 x Stapelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 3 persone
1 x Tripelstapelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 3 persone
1 x Tripelstapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Verekombers
  •  Elektriese kombers

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Casaplanca gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 200 per nag (plek vir 13)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za