Cashan B&B

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Cashan B&B bied gerieflike B&B-verblyf in Rustenburg. Die gastehuis se ligging is lekker naby die dorp en die verblyf is ongeveer 'n uur se ry van verskeie besienswaardighede in die area af.

Cashan B&B bestaan uit 10 kamers wat uniek en smaakvol ingerig is. Hierdie kamers beskik elkeen oor 'n dubbelbed of 2 driekwartbeddens en 'n en suite-badkamer. Ander geriewe in die kamers sluit lugversorging, gratis WiFi, 'n mikrogolfoond, 'n yskassie, 'n TV met sekere DStv-kanale en koffie- en teemaakgeriewe in.

Ontbyt word in die eetkamer bedien waar aandete ook gereël kan word. Die gastehuis het 'n swembad, 'n braaiplek en veilige parkeerplek op die perseel.

Cashan B&B is 5 minute van Rustenburg Gholfbaan, winkels en restaurante af geleë. Die blyplek is ook 40 tot 60 minute se ry vanaf Sun City, Paul Kruger Country House Museum, Pilanesberg Wildreservaat, Elephant Sanctuary en 'n leeupark, om maar net 'n paar te noem.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cashan B&B gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za