LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Casli's Kothuis | LekkeSlaap
+48

Casli's Kothuis

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Glengariff 32, East Coast Resorts, Wildekus, Oos-Londen, 5201, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R795 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Casli's Cottage is 'n huis wat verdeel is in 3 selfsorg-eenhede. Die unieke ontwerp van die huis gee aan gaste die opsie om aparte eenhede of die hele huis te huur (al 3 eenhede). Dit bied aan verskeie gesinne, groepe of vriende die geleentheid om die hele huis saam te huur en te geniet, maar terselfdertyd die privaatheid te hê van jou eie eenheid. Dit is ideaal vir familielede wat saam vakansie hou, reünies en trougeselskappe. Ons moedig nie partytjies aan nie en Casli's is nie 'n partytjie-venue nie aangesien die Glengariff Oord baie streng reëls het rakende geraas en harde musiek.

Elke eenheid is ontwerp vir 'n spesifieke doel of behoefte: Die gesinseenheid met slaapplek vir 6 bestaan uit 3 slaapkamers, 2 badkamers, kombuis, binnehof met 'n buitestort (warm- en koue water), oopplan-leefarea met 'n sit-, eet- en TV-kamer wat lei na die tuin met braaigeriewe en 'n onbelemmerde see-uitsig. Die grasperk is ideaal vir kinders om in te speel en die strand is net 100 m se stap van ons af.

Die luukse eenheid vir 2 volwassenes en 1 kind is 'n pragtige eenheid en ideaal vir 'n paartjie op wittebrood of vir 'n jong gesin met 1 kind. Die eenheid is ruim met 'n ten volle toegeruste kombuis. Die sitkamer- en eetkamer-area lei na die stoep met 'n braai en asemrowende uitsig. Die hoofslaapkamer het ook 'n pragtige uitsig en 'n en suite-badkamer met dubbelstort.

Die oopplan-woonstel bo het slaapplek vir 2, 'n volledige, aparte badkamer, 2 driekwartbeddens en 'n oopplan-kombuisie, -eetarea en -sitarea wat lei na 'n balkon met 'n see-uitsig. Die eenheid is ideaal geleë vir lewenslustige mense, maar is nie geskik vir jong kinders of bejaarde persone nie.

Die kothuis is in Glengariff, wat deel is van die pragtige, ongerepte Wildekus en langs die Jikeleza- en die Strandloper-roetes is. Bo en behalwe die prag van die stil en ongerepte strand en strandmeer, is Glengariff ook naby wildplase en is dit perfek vir gaste wat troues of konferensies in die omgewing bywoon by venues soos Cypress Dale, Umnenga Lodge, Inkwenkwezi, Murambi Roses, Two Swans en Crawfords Cabins. Die nuwe Olive Wood Gholflandgoed is net 10 km van Glengariff af.

Glengariff is die ideale vakansiebestemming en die strand en strandmeer is heerlik vir kinders. Die geleenthede vir visvang is puik en dolfyne is byna daagliks te sien. Sekere tye van die jaar is daar ook walvisse.

Kenmerke

Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 37 resensies vir Casli's Kothuis
Netheid
4.6/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Glengariff 32, East Coast Resorts, Wildekus, Oos-Londen, 5201, Oos-Kaap
  • Gaste dink Casli's Kothuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R795
per nag (plek vir 2)
Vanaf R795
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Glengariff 32, East Coast Resorts, Wildekus, Oos-Londen, 5201, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDlhYmQ5YmI2LWZhMzgtNGQyYS05ODdiLWYxMmI3ZmQzMDVjMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R795  per nag (plek vir 2) 37 5 1 5 32 Glengariff East Coast Resorts, Wild Coast 5201 Oos-Kaap 086 999 0018 15:00-17:00 10:00 -32.893479842551 28.089975714684
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!