Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Cassia Self Catering

Langtermynverblyf-aanbod 20% af

Kry 20% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
    2 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cassia-rylaan 27, Sunridge Park, Gqeberha (Port Elizabeth), 6045, Oos-Kaap
  • Vanaf R795 R636 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Cassia Self Catering skuil in die boomryke voorstad Sunridge Park in Gqeberha (Port Elizabeth) en bied gerieflike toegang tot die N2. Dit is ook naby die onkologie-sentrum en hospitale. Die Londt Park-sportgeriewe is ook naby, die strande is ongeveer 20 minute vanaf die eenheid.

Die woonstel het lugversorging en slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders. Tref asb. vooraf reëlings vir kinders. Kinders onder 12 is ideaal aangesien hulle op die slaapbank moet slaap. Die woonstel beskik oor 'n leefarea, kombuis, 1 slaapkamer en 1 badkamer. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en die badkamer het ' n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuis het 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof, oond, eetgerei en breekware. Die sitkamer het 'n dubbele slaapbank, 'n TV met DStv en WiFi. Daar is veilige onderdakparkeerplek. Daar is drie trappe vanaf die leefarea na die slaapkamer.

Dié eenheid is binne 'n 10 km radius vanaf die Kragga Kamma Wildtuin, Greenacres winkelsentrum, Gqeberha (Port Elizabeth) Gholfklub, Nelson Mandelabaai-stadion en sleg 800 m vanaf Sunridge Village met 'n verskeidenheid winkels en restaurante.

Daar is 'n buite area en 'n braai word vir die eenheid voorsien. Hout is beskikbaar teen 'n ekstra fooi indien vooraf gereël.

Cassia Self Catering is ook ideaal vir gaste wat die hospitaal besoek.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Leefarea 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Leefarea

2

1 x Kinderbank vir 2

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 41 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Eurika D
Saam met lewensmaat
5.0
Veilige stil area, net wat ons benodig het. Baie lekker gebly. Sal definitief weer van die gasvryheid gebruikmaak in die toekoms!
Apr 2025
Melvery D
Saam met lewensmaat
5.0
Daar is als wat jy nodig kan kry, niks te kort. Dit is baie rustig, en vriendelike personeel.
Mrt 2025
Debbie J
5.0
Heerlik en rustig. Pragtige plekkie met 'n aangename gasvrou. Ideaal gewees vir die aande wat ons self wou kosmaak, want dit is ten volle toegerus.
Mrt 2025
Hennie J
Saam met lewensmaat
5.0
Huislik, netjies en gerieflik. Baie lekker! Presies wat ons wou hê.
Feb 2025
Pieter D
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker gebly en sal definitief weer daar bly! Baie skoon, netjies en vriendelike ontvangs!
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Elizma Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 41

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Cassia-rylaan 27, Sunridge Park, Gqeberha (Port Elizabeth), 6045, Oos-Kaap
  • Gaste dink Cassia Self Catering het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R795
R 795 R 636
per nag, vir 2 mense
Vanaf R795
R 795 R 636
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
    2 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cassia-rylaan 27, Sunridge Park, Gqeberha (Port Elizabeth), 6045, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3bb384fbc5eb9c0631e2e2bd301b14867d187ca1f9566f7bd50ed9abf7f72563f6a5781b01dbb8abbc8394a8327220659047?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R795 nouVanaf R636 per nag, vir 2 mense 41 5 1 5 27 Cassia Drive Sunridge Park 6045 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.954490047178 25.532839387732

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang