Cassiandra Place

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Cassiandra Place is in die stil buurt Arboretum in die kusdorpie Richardsbaai geleë. Die eiendom is 7 km vanaf Alkantstrand en 2 km vanaf die middedorp.

Verblyf word gebied in 2 selfsorg-eenhede wat elk slaapplek vir 4 tot 5 gaste het. Elke eenheid is apart van die hoofhuis en elke eenheid het veilige parkeerplek.

Die eerste eenheid het 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus. Die sitkamer het gemaklike banke en 'n platskerm-TV met volle DStv teen die muur. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed. Die stapelbed kan op die vloer of bo-op mekaar geplaas word. Enkelopblaasmatrasse kan in die leefarea voorsien word.

Die tweede eenheid het 'n kombuisie, slaaparea en 'n en suite-badkamer. Die kombuisie is met 'n yskas, mikrogolf, tweeplaatstoof met 'n oondjie en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n platskerm-TV teen die muur met DStv.

Veilige onderdakparkeerplek is vir 1 voertuig per eenheid beskikbaar. Gaste kan die gemeenskaplike lapa, braaigeriewe en die swembad gebruik. Die eiendom word met 'n elektriese heining en gewapende reaksie beveilig.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cassiandra Place gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R580 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za