LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Castle in Clarens | LekkeSlaap
+12

Castle in Clarens

Gastehuis
  • Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Werf Plaas, Langs die R712, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 800 per nag (vir 4 persone)

Beskrywing

Castle in Clarens is in die hartjie van die Malutiberge en bied 'n koninklike ervaring vir 4 gaste met asemrowende uitsigte op Berg Horeb. Castle in Clarens is op 'n plaas aan die buitewyke van Clarens en snags lyk die liggies van Clarens soos verskietende sterre.

Met die Raponsie-feëverhaal ingedagte, word dié toring-verblyf, Rapunzel's Tower genoem. Die kuns en dekor is met die hand uitgekies van reg oor die wêreld en dra by tot 'n ongelooflike ervaring wat al die sintuie betower.

Rapunzel's Tower beskik oor 2 en suite-slaapkamers naamlik, Raponsie se kamer en die Prins se kamer. Raponsie se kamer is op die boonste verdieping en het 'n koningingrootte-bed en kyk uit op die berge en die omgewing.

Die Prins se kamer is op die grondvloer en het 'n middeleeuse-tema met 'n koningingrootte-bed. Japonne, ekstragroot badhanddoeke, gesigwaslappe en 'n haardroër word voorsien. Die luukse badkamers het verhitte handdoekrelings.

Die ouwêreldse-kombuis is op die grondvloer en met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Gaste kan etes by die eetkamertafel geniet met sitplek vir 4 mense.

Ontbyt en aandete is op versoek teen 'n ekstra koste beskikbaar. Dié etes word in skatkissies bedien. Die sitkamer het 'n klein biblioteek en 'n kaggel met engeltjies. Neem asb. kennis dat die kasteel nie 'n TV het nie.

Gaste kan braai in die Kamer van Engele of die sonsondergang agter die berge vanuit die Sonsonderganghoekie waardeer. Na aanleiding van die Raponsie-tema het die tuin verskeie paadjies, doringbome en 'n groentetuin met Rampion, oftewel, Raponsie-blomme.

Doendinge in die area sluit kunsvlieg-hengel, voetslaan, perdry en abseil in.

Slaapplek

’n Bespreking by Castle in Clarens sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 9 resensies vir Castle in Clarens
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Werf Plaas, Langs die R712, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Castle in Clarens het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 800
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R2 800
per nag (vir 4 persone)
Maak 'n Bespreking
Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Werf Plaas, Langs die R712, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAgbG4pEXpMHmnNR0hIpgxJIIFNmzntdRvP01rKmawMoN900apU1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 800  per nag (vir 4 persone) 9 5 1 5 Off the R712 Farm Werf 9707 Vrystaat 086 999 0018 14:00-23:00 10:00 -28.558872527746 28.472187714952
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!