Castleton Unit 19B

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Castleton Unit 19B is 'n selfsorgwoonstel wat in 'n veilige oord in Plettenbergbaai geleë is. Dié oord is op 'n heuwel bo die Piesangrivier en naby verskeie besienswaardighede.

Dié groot woonstel beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede en derde slaapkamers het albei 2 enkelbeddens en die tweede badkamer het 'n stort.

Die ruim sitkamer het 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale en 'n DVD-speler. Die TV het ook 'n USB-/HDMI-koppelpunt. Die kombuis is volledig toegerus en sluit 'n wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser in. Rook in die eenheid is streng verbode.

Die stoep is groot en lei na 'n balkon met draagbare ketelbraaigeriewe en 'n wonderlike uitsig oor die vallei en gholfbaan onder. Die oord het ook swembaddens vir volwassenes en kinders, 'n speletjieskamer, minigholfbaan, trampolien en tennisbaan.

Die gewilde Rod & Reel-restaurant en -kroeg is op die perseel en bedien ontbyt, middagete en aandete teen verskeie pryse. Die naaste swemstrand is sowat 2 km ver.

Plettenbergbaai se middedorp is naby met verskeie klubs, restaurante, winkels en kroeë, asook verskeie ander besienswaardighede op die Tuinroete.

Slaapplek

'n Bespreking by Castleton Unit 19B sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Castleton Unit 19B gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 300 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za