Cat Nap Accommodation

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Cat Nap Accommodation bied bekostigbare oornagverblyf in Springbok. Daar word gereeld na die dorp as die blommehoofstad van Namakwaland verwys en dis wêreldbekend vir die asemrowende veldblomkombers wat die hele omgewing in die lente bedek. Dit is langs N7-hoofweg geleë.

Die huis het 'n Afrika-tema en beskik oor 4 gastekamers en die Bunkhouse. Elke eenheid het 'n privaat badkamer, 'n TV en DStv, en 'n paar van die kamers het lugversorging.

Die eenhede maak gebruik van 'n gemeenskaplike kombuis. Die kombuis is toegerus met 'n stoof, mikrogolfoond en 'n yskas, en in die sitkamer is daar 'n ingeboude braai-area en 'n etenstafel met 8 stoele.

Besienswaardighede en doendinge in die omgewing sluit Goegap Natuurreservaat, Namakwaland Museum, die Nederduitse Gereformeerde Kerk, 'n staptoer deur die Blou Myn, daguitstappies na Augrabieswaterval en die Namakwa 4x4-roete in.

Kenmerke

  •  Afrikaans

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cat Nap Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za