Catherine's Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Catherine's Cottage bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n tuinkothuis in Claremont. Die kothuis deel 'n oprit met die hoofhuis. Dit het 'n privaat ingang, asook 'n stoep met tafels en stoele in 'n privaat, boomryke tuin.

Die kothuis het 1 en suite-slaapkamer en 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetarea. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Die kombuis is toegerus met 'n ketel, broodrooster, konveksie-oond, fliterkoffiemasjien, yskas-vrieskas, en 'n oondjie met drie plate. 'n Skinkbord met tee, koffie en beskuitjies word verskaf om gaste te verwelkom. Die kothuis is verder ingerig met TV en DStv (volledige pakket), asook WiFi.

Veilige parkeerplek is beskikbaar vir 1 motor. Daar is ook fantastiese waghonde op die perseel en dié honde word nie naby gaste toegelaat nie. Rook is streng verbode. Ons het onlangs waterbewaringsmaatreëls ingestel om te help met die watertekort: die kothuis het nie 'n wasmasjien nie, maar daar is 'n aantal wasserye naby en ons bied 'n wasgoeddiens vir gaste wat vir 'n lang tydperk bly, indien nodig.

Die kothuis is ideaal vir paartjies en sakereisigers. Dit is net agter Hoofweg in Claremont geleë. Die kothuis is stapafstand vanaf die Kingsbury Hospitaal, Ardene Tuine, Cape Fertility-kliniek, The Peninsula oogkliniek, Virgin Active Claremont, en Cavendish Square winkelsentrum. Dit is 20 minute se ry van die V&A Waterfront af, en 'n uur se ry vanaf Stellenbosch en die Paarl se wynlande. Dit is ongeveer 'n uur se ry tot by Kaappunt en Kirstenbosch Botaniese Tuine is 4 km weg.

Slaapplek

'n Bespreking by Catherine's Cottage sluit in:

1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Catherine's Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R670 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za