Cathkin Haven
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dierama-laan 6, Cathkin Park, Champagne-vallei, Winterton, Sentrale Drakensberg, 3340, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R4 000 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Cathkin Haven is op 'n sekuriteitslandgoed in die Champagne-vallei in die Drakensberge. Dit is ideaal vir 'n gesin wat op soek is na 'n gerieflike en rustige wegbreek buite die stad.
Dié moderne huis beskik oor 4 en suite-slaapkamers waarvan 3 van die 4 en suite-badkamers 'n bad én 'n stort het. Die eerste en tweede slaapkamers het koningingrootte-beddens, en die derde en vierde slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Die leefarea is oopplan en die kombuis het 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, skottelgoedwasser en 'n yskas-vrieskas. Die sitarea 'n platskerm-TV met DStv en 'n smeulkaggel wat ideaal is vir koue wintersnagte. Die leefarea het 'n skuifdeur wat na 'n stoep met gemaklike meubels en pragtige uitsigte op Champagne Castle en Cathkinpiek lei.
Die eenheid word voor aankoms en ná gaste se vertrek skoongemaak. 'n Daaglikse skoonmaakdiens is op versoek teen 'n addisionele koste beskikbaar. In die motorhuis is daar 'n wasmasjien en tuimeldroër en daar is hangplek in 'n klein buitekamer naby die kombuis.
Die motorhuis is groot genoeg vir 2 voertuie. Dit het 'n skakeldeur wat na die huis se voorportaal lei. Die patio lei na 'n houtdek met 'n Jacuzzi. Daar is 'n draagbare buitebraai en die gasbraai is op versoek beskikbaar.
Slaapplek
’n Bespreking by Cathkin Haven sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Rolstoelvriendelik
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Dierama-laan 6, Cathkin Park, Champagne-vallei, Winterton, Sentrale Drakensberg, 3340, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Cathkin Haven het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Champagne Vallei Champagne Castle Drakensberge KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dierama-laan 6, Cathkin Park, Champagne-vallei, Winterton, Sentrale Drakensberg, 3340, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom