CBS Accommodation
Beskrywing
CBS Accommodation is 'n selfsorgwoonstel op die eienaars se perseel in Mosselbaai. Dit is ideaal vir 'n paartjie of klein gesin wat op soek is na gerieflike verblyf na aan verskeie doendinge in die omgewing.
Die woonstel beskik oor 1 slaapkamer wat ingerig is met 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die oopplan-kombuis en -woonkamer is goed toegerus met 'n dubbelslaapbank, ideaal vir kinders, en 'n TV met die plaaslike kanale. Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, gasstoof en meer as genoeg ingeboude kaste met eetgerei, breekware en ander toebehore.
Die woonstel het ook lekker braaigeriewe en 1 parkeerplek word voorsien. CBS Accommodation is stapafstand van verskeie winkels en restaurante. Die lieflike strande, middedorp en verskeie binnenshuise en buitemuurse doendinge is net 'n paar minute se ry weg.
Kenmerke
- Afrikaans
- Braaiplek
- Troeteldiere indien gereël
- Veilige Parkering
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na CBS Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |