Cedar Escape
Beskrywing
Cedar Escape nooi jou uit om die rustigheid en vreedsaamheid te kom ervaar, saam met die pragtige omgewing met 'n rivier wat deur die plaas vloei. Selfsorgverblyf word aangebied in die Kardouw Plaashuis en die lieflike Tree Tops-houthutte wat op stelte staan. Gaste sal vir 7 km op 'n grondpad ry en 'n 4x4 is nie nodig nie. Die plaashuis is ongeveer 25 km van Citrusdal af en die houthutte ongeveer 28 km van Citrusdal af.
As jy al ooit daarvan gedroom het om in 'n lieflike ou plaashuis op die platteland te woon, met ruim kamers en hoë plafonne en 'n uitsig oor die lowergroen sitrusboorde met die berge in die agtergrond, dan is Kardouw Plaashuis net die regte keuse vir jou.
Tree Tops verteenwoordig stilte en rustigheid vir natuurliefhebbers, 'n plek waar jy 'n welverdiende ruskans kan geniet, weg van die alledaagse gejaag van die lewe. Die houthutte word omring deur lemoenboorde en dis teen die oewer van die Olifantsrivier geleë.
Beide die plaashuis en die houthutte het toegang tot 'n privaat braai-area teen die oewer van die Olifantsrivier. Daar is ook 'n lekker swemplek in die rivier waar gaste kan afkoel.
Daar is baie geleenthede vir bergklim, voëlkyk, stap, perdry, bergfietsry, visvang, kanovaart en swem in die helder rivierpoele. Vir die meer avontuurlistige gaste is daar die Sederberge (met 4x4-roetes), ski op die nabye Clanwilliamdam en interessante voetslaanroetes.
Kenmerke
- Afrikaans
- Braaiplek
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Swem
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Cedar Escape gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |