Cedar Lodge Guest House
Beskrywing
Cedar Lodge Gastehuis bied luukse akkommodasie in 'n stil woonbuurt in Robertson. Ons verwelkom beide toeriste en sakereisigers, en verskaf persoonlike diens en waarde vir geld. Robertson lê in die skadu van die majestueuse Langeberge in die hartjie van Roete 62, die langste wynroete in die wêreld. Die Robertsonvallei spog met ongeveer 50 wynplase en is ook die tuiste van die Klipdrift brandwyn-distilleerdery.
Verblyf word aangebied in 3 standaardkamers en 'n gesin-suite. Elke kamer het 'n en suite-badkamer en is ingerig met 'n waaier, verwarmer, yskassie, haardroër en tee- en koffiemaakgeriewe.
Cedar Lodge sal gou jou tuiste ver van die huis word met 'n rustige tropiese tuin vol voëls wat tjirp, en 'n skitterende swembad, braaigeriewe en WiFi.
Cedar Lodge is die ideale oornagplek tussen Kaapstad en Port Elizabeth en die Tuinroete en jy sal maar 'n paar dae moet vertoef om alles te kan ervaar wat dié omgewing bied. Kom kuier gerus en ontspan, ons sien daarna uit om jou in die pragtige vallei te verwelkom.
Kenmerke
- Afrikaans
- Swembad
- Braaiplek
- Veilige Parkering
- Gratis WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Swem
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Frans
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Cedar Lodge Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |