LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Cedarpeak Mountain Cottages | LekkeSlaap
+62

Cedarpeak Mountain Cottages

  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gedeelte 26 van Pampoenfontein-plaas, Sederberg, 7654, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Cedarpeak Mountain Cottages bied selfsorgverblyf in die Cedarpeak-wildernisarea, aan die voet van die Groot Winterhoekberge. Cedarpeak is op 8000 hektaar se ongerepte wildernis aan die suidelike punt van die Cederberg. Daar is verskeie aktiwiteite op die gasteplaas soos voetslaan, kloofklim en ontspan of swem by verskeie rotspoele. Die gasteplaas het ook ’n groot dam om in te swem en vis te vang.

Cedarpeak bied verblyf in verskeie kothuise. Rooibos-kothuis is knus en afgeleë, naby die bergpaadjies en bied 'n uitsig oor die Citrusdalvallei. Blomhoff bied verblyf aan tot 7 gaste en het wonderlike uitsigte op die omliggende berge en oor die vallei. Vleibosch het slaapplek vir 2 gaste en het 'n oopplan-uitleg. Kleinbosch is ideaal vir paartjies en het 1 slaapkamer. Dit is naby die dam en het ’n groot, privaat stoeparea. Al die verblyfopies het goed toegeruste kombuisgeriewe. Gratis WiFi is by die Blomhoff-plaashuis en Rooibos-kothuis beskikbaar.

Hierdie instansie is in die Kaapse Fynbosstreek en spog met een van die mees diverse versamelings endemiese plantspesies ter wêreld. Diere soos duikers, grysribbokke, Kaapse groototters, bobbejane, verskeie voëlspesies en die skaars Kaapse luiperd noem hierdie area hul tuiste. Daar is ook van die bedreigde Wes-Kaapse geelvis in die riviere. Daar is merkwaardige rotsformasies wat uniek is aan die Cederberg-area, sowel as ou rotstekeninge.

Hierdie is ’n wonderlike wegbreek van die stadslewe vir gesinne, paartjies of dié wat op soek is na ’n ervaring in die natuur.

Kenmerke

Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 22 resensies vir Cedarpeak Mountain Cottages
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Gedeelte 26 van Pampoenfontein-plaas, Sederberg, 7654, Wes-Kaap
  • Gaste dink Cedarpeak Mountain Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Wes-Kaap
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gedeelte 26 van Pampoenfontein-plaas, Sederberg, 7654, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA69a780710d926a15472b0bf2e349a4cc3189246a1eabec5a56caae86c1cc32b6c3b2d2fd1787db797b9ea08ea89ae9e9bbc8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 200  per nag (plek vir 2) 22 5 1 5 Portion 26 of Farm Pampoenfontein Cederberg 7654 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -32.933633554357 19.082239224537
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!