Centurion Guest House and Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Centurion Guest House and Lodge is in Lyttelton Manor geleë en bied 'n rustige atmosfeer in pragtige tuin onder groot bome. Dit is ideaal vir sakereisigers en gesinne wat op soek is na rustige verblyf in 'n veilige omgewing.

Ons het 23 kamers (3 van die kamers is toegerus vir selfsorg). Elke eenheid beeld 'n tema van hout en klip uit en het 'n en suite-badkamer. Die eenhede is elkeen toegerus met 'n TV en DStv (Gastehuis-pakket), gratis WiFi, koffie- en teemaakgeriewe, verwarmers en waaiers. Al die eenhede het privaat ingange en veilige parkeerplek. Daaglikse skoonmaakdienste is ook beskikbaar. 'n Heerlike Suid-Afrikaanse ontbyt word soggens voorgesit.

Gaste kan lekker ontspan onder die lapa langs die Koi-dam. Daar is braaigeriewe beskikbaar in ons lieflike tuin met volop voëllewe.

Centurion Guest House is naby O.R. Tambo Internasionale Lughawe en Lanseria Internasionale Lughawe geleë. Die Gautrein-stasie is binne maklike bereik van dié gastehuis. Die Centurion-winkelsentrum, Netcare Unitas-hospitaal, Supersport Park-krieketstadion, Waterkloof-lugmagbasis en -weermagbasis is sowat 6 km vanaf Centurion Guest House. Die gastehuis bied ook maklike toegang tot die N1, N14, en R21.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Centurion Guest House And Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R980 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false