Century on Lake B4 by CTHA

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Century on Lake is 'n bekoorlike selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Century City in Kaapstad. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf naby verskeie doendinge.

Die eenheid is op die eerste verdieping geleë en kan deur middel van trappe bereik word. Century on Lake het 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede kamer het 2 driekwartbeddens en 'n dubbelslaapbank. Albei badkamers het 'n bad, stort, wasbak en toilet.

Die kombuis, eetkamer en sitkamer het 'n oopplan-uitleg en die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, oond, stoof en ingeboude kaste vir die eetgerei, breekware en ander toebehore. Die sitkamer het gerieflike sitplek en 'n groot platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Die eetkamer het 'n groot skuifdeur wat na 'n ruim balkon met 'n houttafel en stoele lei. Die balkon spog met die mooiste uitsig oor die riviermonding en die omliggende area.

Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad en braaigeriewe vir gaste se gerief. Daar is ook veilige ondergrondse parkeerplek beskikbaar vir jou voertuie.

Century on Lake is gerieflik oorkant Canal Walk en Ratanga Junction geleë. Verskeie besienswaardighede en doendinge soos gholf, Milnerton, Bloubergstrand, Killarney Renbaan en heelwat meer is naby die woonstel geleë.

Slaapplek

'n Bespreking by Century on Lake B4 by CTHA sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Century On Lake B4 By CTHA gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R915 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za