Casarèa Landgoed Farm
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cesarea Landgoed, P308, Utrecht, 2980, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Casarèa Landgoed Farm is 5 km buite die geskiedkundige dorpie, Utrecht, en bied 'n verwelkomende bestemming vol natuurskoon en geskiedenis. Dit is ideaal vir sakereisigers, oornaggaste en vakansiegangers. Alhoewel die verblyf buite die dorp is, is dit tog naby genoeg aan die besige R34 vir sakereisigers.
Verblyf is beskikbaar in die Old House waar daar 4 en suite-gastekamers te vinde is. Al die beddens is met luukse, wit perkallinne oorgetrek en handdoeke sowel as handgemaakte seep word voorsien. Gasverwarmers word in die winter voorsien, en muskietnette in die somer.
Kamer 1 het 2 enkelbeddens en 'n privaat en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Kamer 2 het 'n koninggrootte-bed, 1 enkelbed en 'n bababedjie. Kamer 3 het 'n koninggrootte-bed en 'n enkelbed en kamer 4 het 'n koninggrootte-bed. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet.
Koffie, tee, beskuit, vrugtesap, ontbytgraan en jogurt word as 'n ligte ontbyt bedien.
Die plaas spog met 'n privaat museum met interessante artefakte van 'n vorige era, asook 'n plaaswinkel met handgemaakte seep, room, organiese konfyte en souse. Gaste word aangemoedig om die staproetes en omliggende areas te verken. Die verblyf maak van sonkrag en gasgeisers gebruik wat verseker dat gaste nie deur beurtkrag geraak word nie. 'n Weber-braai en houtskool is op versoek beskikbaar.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Rolstoelvriendelik
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3.8/5
PHEONA Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Cesarea Landgoed, P308, Utrecht, 2980, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Utrecht KwaZulu-Natal
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cesarea Landgoed, P308, Utrecht, 2980, KwaZulu-Natal