C'est La Vie Beach House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

C'est La Vie Beach House is 'n moderne dubbelverdiepinghuis met selfsorg-geriewe in Sheffield Beach, KwaZulu-Natal. Dit is ideaal vir 'n vriendegroep of 'n groot gesin wat op soek is na gerieflike verblyf naby die strand en 'n verskeidenheid doendinge.

Die huis het 5 slaapkamers, 4 badkamers en is volledig gemeubileer. Al die slaapkamers is op die boonste vloer en het enkelbeddens, dubbelstapelbeddens of koningingrootte-beddens, en lieflike uitsigte oor die see of die tuin van die balkonne of vensters af. Die kombuis is volledig toegerus en beskik oor 'n dubbeldeur-yskas met 'n ysmasjien, 'n mikrogolf, oond, gasstoof, ander toebehore en genoeg ingeboude kaste met breekware en eetgerei.

Die oopplan-eetarea het 'n tafel en sitplek vir 8 persone en daar is gerieflike rusbanke, 'n platskerm-TV met DStv-kanale en 'n tuisteaterstelsel en 'n verkyker in die sitkamer. Verder is daar 'n waskamer met 'n skottelgoedwasser en 'n tuimeldroër, en 'n kroeg-area met 'n yskassie.

Die konsertinadeure in die sitkamer lei na die gemeubileerde stoep en swembad-area met 'n tafel en sitplek, asook 'n ingeboude braaigeriewe. Die huis is ten volle omhein, met 'n muur voor en heining agter, en word beveilig met 'n alarmstelsel met laserstrale en gewapende reaksie.

'n Dubbelmotorhuis met afstandbeheer en genoeg veilige parkeerplek is beskikbaar en daar is 'n voetpaadjie tussen C'est La Vie Beach House en die privaat strand. Dan is die huis natuurlik ook naby aan visvang- en duikplekke, winkels, restaurante, 'n gholfbaan, King Shaka Lughawe, Sibaya Casino en Ballito. Al hierdie plekke is tussen 10 en 20 minute se ry vanaf C'est La Vie Beach House.

Slaapplek

'n Bespreking by C'est La Vie Beach House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 volwassenes en 1 kind
1 x Koningingrootte-bed
1 x Kinderbedjie

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Diens op aanvraag

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Kluis

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  DVD-speler
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na C'est La Vie Beach House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R5 500 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za