Chama Game Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Chama Game Lodge is in die pragtige Suid-Afrikaanse Laeveld tussen Malelane en Komatipoort in Mpumalanga geleë. Die lodge is op 'n wildplaas wat die tuiste is van talle voël- en wildspesies, waar jy 'n persoonlike wildrit kan meemaak onderweg na jou verblyf wat in die bosveld versteek is. Ons akkommodasie kyk uit oor een van baie damme in die reservaat.

Die lodge is 'n ongekunstelde bosveld-toevlugsoord met 5 chalets met lugversorging. Elke chalet is individueel versier in 'n ongekunstelde en moderne styl. Drie van die chalets is elkeen ingerig met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is ook 'n unieke tent-chalet met 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad. Die vyfde chalet het 2 kamers wat elk beskik oor 2 enkelbeddens. Dié twee kamers deel 'n badkamer met 'n stort.

Chama Game Lodge is die ideale venue vir 'n gesin, groep, sakemanne, funksies en klein intieme troues. Die gemeenskaplike area is 'n verhewe tentdek in die hartjie van die lodge. Dit bied 'n kroeg, eetarea en sitkamer. 'n TV en beperkte internet is ook daar beskikbaar. Die swembad is die ideale plekkie om lafenis te vind in die warm somer, en dis in die pragtige tuin geleë wat uitkyk oor die dam. Gaste is welkom om in ons gemaklike dekstoele te ontspan, met 'n skemerkelkie in die hand na 'n opwindende dag in die bosveld. Wanneer die son gesak het, is die boma weer die ideale plekkie om 'n vreugdevuur aan te steek en die sterrehemel te bewonder.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Alle Etes Ingesluit

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Chama Game Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]