LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Champagne Haven | LekkeSlaap
+27

Champagne Haven

6 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mount Champagne Resort, Magoebaskloof, 3340, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 200 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Champagne Haven bestaan uit 3 luukse selfsorg-eenhede in privaat besit en is in die veilige Mount Champagne Resort in Sentrale Drakensberge geleë. Die Mount Champagne Resort het ’n manjifieke dam op die perseel vir visvang en kanovaart, ’n tennisbaan, swembad, trampolien en speelgrond vir die jongspan.

Ons bied verblyf in 2 chalets wat slaapplek aan 8 gaste bied en ’n chalet wat slaapplek aan 6 gaste bied. Die chalets is in ’n sjiek Afrika-styl versier en dit bied alle gerief en luuksheid waaroor jy droom. Die chalets het DStv (hotelpakket) wat 3 fliekkanale en alle sport- en plaaslike kanale insluit, asook ’n DVD-speler.

Die kombuise is volledig toegerus met ’n stoof, yskas, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en ander klein toebehore. Daar is ook ’n wasmasjien en tuimeldroër. Alle kamers het verwarmers teen die muur vir die koue wintersaande in die Drakensberge.

’n Buitebraai sorg vir vele lekker kuiersessies en ontspanning terwyl jy die asemrowende berguitsig geniet. Om jou vakansie te vervolmaak, word die chalets daagliks skoongemaak.

Perdry is beskikbaar en daar is vele pragtige staproetes in die naby omgewing asook meer uitdagende voetslaanpaaie vir die avonturiers in die Monks Cowl-area wat net 5 minute se ry van die oord af is. Daar is ook opwindende fietryroetes in die area.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 6 resensies vir Champagne Haven
Netheid
4.8/5
Diens
4.7/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Mount Champagne Resort, Magoebaskloof, 3340, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Champagne Haven het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 200
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 200
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mount Champagne Resort, Magoebaskloof, 3340, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2qnAhWII2NmBGs7SCNv9QPPgvuLWumulNl2AZXYB3P6786CovS?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 200  per nag (plek vir 6) 6 5 1 5 Mount Champagne Resort Champagne Valley 3340 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -29.026053126649 29.430749591996
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!