Charming Fisante House

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 25 % af

Kry 25% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 7 Jun 2019 tot 31 Jul 2019.

Beskrywing

Charming Fisante House bied gerieflike selfsorgverblyf in die kusdorpie Vermont in Hermanus. Die huis is op 'n heuwel in 'n stil omgewing en bied gedeeltelike see- en berguitsigte. Dis sowat 2 minute se stap vanaf Breakfast Bay, 'n sonderlinge strandjie tussen die rotse.

Dié stylvolle huis het 3 slaapkamers en 3 badkamers waarvan 2 en suite is. Daar is 'n studeerkamer met gratis WiFi, 'n volledig toegeruste kombuis en 2 sitareas waarvan 1 'n TV met volledige DStv het. Die kombuis het 'n etenstafel en stoele, asook 'n opwaskamer met 'n skottelgoedwasser. Die waskamer is in die motorhuis. Daar is 2 beskutte stoepe met binnebraaigeriewe. Die een het 'n uitsig oor die fynbostuin en die ander is in die eetkamer op die boonste verdieping wat na 'n houtbalkon met 'n gedeeltelike see-uitsig lei.

Die kranspaadjie loop al langs die kus af tot by Sandbaai aan die oostekant en tot by Hawston se hawe aan die westekant. Dit bied 'n uitstekende geleentheid om die omgewing se natuurskoon te ervaar.

Slaapplek

'n Bespreking by Charming Fisante House sluit in:

3 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Charming Fisante House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 940 R2 205 per nag (vir 7 mense)

Kry 25% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 7 Jun 2019 tot 31 Jul 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za