Chartfield Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Chartfield Guesthouse is in die bekoorlike kusdorpie Kalkbaai geleë en dit kyk oor die prentjiemooi hawe uit. Die gastehuis en die dorpie herinner jou aan vervloë jare se ouwêreldse bekoring en tog word elke moderne gerief wat jy mag nodig kry, ook voorsien.

Daar is 4 verskillende kamertipes om van te kies. Die Loft-kamer het sy eie privaat balkon en 'n ongelooflike uitsig oor die see, berge en hawe. Daar is ook 4 Deluxe-kamers wat op die see utikyk en ook 11 pragtige Standard-kamers. Verder is daar 'n Family-eenheid wat langs die gastehuis geleë is.

Die meeste van die kamers het weergalose uitsigte en is in 'n gerieflike, moderne styl ingerig. Elke kamer beskik oor 'n koninggrootte-bed wat as 2 enkelbeddens opgemaak kan word. Daar is ook 'n en suite-badkamer in elke kamer. Kamergeriewe sluit 'n platskerm-TV, kluis, haardroër en WiFi op versoek in.

Daar is 'n kamerdiens van 07:15 tot 09:00 elke oggend beskikbaar en ontbyt word van 07:30 tot 10:00 bedien.

Die gastehuis het 2 konferensiekamers met al die nodige, moderne geriewe. Konferensies vir tot 25 afgevaardigdes kan binne gehou word en vir kleiner groepe is daar ook 'n terras met 'n see-uitsig wat perfek is vir vergaderings in die somer.

Kalkbaai en die omliggende area bied 'n groot verskeidenheid doendinge. Dis die perfekte beginpunt vir 'n toer van die skiereiland wat Bouldersstrand, Kaappunt, Chapman's Peak en die Constantia-wynlande insluit. Daar is sowaar iets vir almal! Jy kan al teen die see af stap tot by die strand in Muizenberg of teen die berg gaan stap en die sonsondergang kyk. Kaapstad se middestad en gewilde Langstraat is net 30 minute se ry weg. Indien gaste avontuurlustig is en die hart 'n bietjie vinniger wil laat klop is haaihokduik, valskermspring of 'n helikoptervlug perfek.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Duits

Konferensiegeriewe

  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Internet
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Chartfield Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za