Chateau Neuf du Cap

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Welkom by Chateau Neuf du Cap, 'n klassieke Franse huis teen die hange van die pragtige Houtbaai-vallei agter Tafelberg. Ons ligging is die ideale basis vanwaar Kaapstad se besienswaardighede en die Skiereiland verken kan word.

Dié nuutgeboude Provensaalse huis het 'n eksklusiewe woonstel vir oordeelkundige gaste, met 'n asemrowende uitsig op die omliggende berge tot onder by Houtbaai se kus, asook op die wêreldbekende Chapman's Peak-rylaan.

Chateau Neuf du Cap is slegs 20 minute ry vanaf Kaapstad se middestad, die voorkant van Tafelberg en die V&A Waterfront. Gaste kan hierheen ry deur die bergwoud, of langs die skouspelagtige kuspad met sy uitsig oor die glinsterende Atlantiese Oseaan.

Ons is naby al die geriewe en besienswaardighede van hierdie pragtige deel van die wêreld: die Kaapse Wynland, asook Kaap de Goede Hoop waar die Atlantiese en Indiese Oseane ineenvloei. Houtbaai se hawe bied visvang-bootritte, walviskyk (slegs seisoentyd) en toere na Robeiland net duskant die baai in die skadu van die skilderagtige Sentinel-piek. World of Birds, Afrika se grootste voëlpark, is net 'n entjie verder af in die pad. Die wêreldbekende Kirstenbosch Botaniese Tuin is net 15 minute se ry ver.

By Chateau Neuf du Cap sal julle die enigste gaste wees. Ons het net 1 luukse selfsorgwoonstel wat bestaan uit 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n kombuis- en eetarea. Koninggrootte-beddens in albei kamers kan omskep word om jou groep te pas, met tot 4 enkelbeddens of 'n kombinasie van elk.

Die woonstel het 'n privaat ingang, 'n dubbelmotorhuis en 'n beskutte binnehof. Die kamers bied toegang tot 'n Franse Provensaalse tuin met 'n uitsig op die berg tot onder oor die kus en oseaan. Daar is 'n 15 m-lange swembad, braaiplek en pizza-oond buite. Hierdie geriewe is met vooraf reëling tot gaste se beskikking. Die eiendom is ten volle omhein en word beveilig deur laserstrale en 24 uur-sekuriteit.

Chateau Neuf du Cap beskik oor al die nodige geriewe soos 'n oond met stoof, mikrogolfoond, yskas, vrieskas, wasmasjien, tuimeldroër en strykgeriewe. Linne en handdoeke word voorsien en daar is satelliet-TV en WiFi.

Slaapplek

'n Bespreking by Chateau Neuf du Cap sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 volwassenes en 1 kind
1 x Koninggrootte-bed
1 x Kinderbedjie

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Frans
  •  Duits

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Chateau Neuf Du Cap gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 700 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za