Chateau Vue Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Chateau Vue Guesthouse is hoog teen Erasmus Kloof in Pretoria-Oos geleë en kyk uit oor die geskiedkundige Erasmus Kasteel. Ons is naby al die hoofsnelweë, tog kan jy steeds die rustige atmosfeer van die stil woonbuurt geniet.

Die gastehuis beskik oor 5 ruim, en suite-dubbelslaapkamers met lugversorging wat elkeen uniek versier is in 'n ongekunstelde, dog elegante styl. By Chateau Vue strewe ons daarna om persoonlike diens te bied en aandag te gee aan selfs die fynste besonderhede.

Ons stel ons gaste se privaatheid en gerief hoog op prys. Om ons gaste tevrede te stel is ons hoofdoelwit. Elke kamers is toegerus met koffie- en teemaakgeriewe, 'n kluis, haardroër, TV en sekere DStv-kanale. 'n Volledige Engelse ontbyt is beskikbaar op versoek teen R70 en sluit vars, seisoenale vrugte, joghurt, ontbytgraan en muffins in. Daar is ook warm disse waaruit gaste kan kies soos 2 vleisdisse, 2 groentedisse en eiers (voorberei volgens jou voorkeur). Kamerbediening is beskikbaar en daar is koffie en 'n versameling teesoorte om van te kies.

Die verblyf is naby verskeie winkelsentrums, soos Menlyn Mall, Woodlands Mall en Brooklyn Mall met 'n verskeidenheid winkels, restaurante en rolprentteaters. Menlyn Maine, Afrika se eerste groen stad, met die Sun International Time Square Casino en Sun Arena vir meer as 8500 mense is net 4 km weg. Die Rietvallei Natuurreservaat het 'n verskeidenheid wild, insluitend renosters en jagluiperds, en is ongeveer 5 minute se ry van ons af. SITA opleidingsentrum (900 m), Kloof Hospitaal (1,3 km), Pretoria-Oos Hospitaal en 'n hele paar gholfbane is naby ons geleë.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Chateau Vue Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]