Cheasas Peak Game Lodge
Kry 10% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 47 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: N8, Kotze's Gift Plaas, Petrusburg, 9301, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R1 500R1 350 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
Cheseas Peak Game Lodge is ongeveer 60 km buite Bloemfontein, op die N8 na Kimberley, geleë. Die lodge bied gaste die perfekte bestemming, weg van die gedruis van die stadslewe.
Verblyf word aangebied in 16 grasdak-chalets en 'n selfsorg-eenheid met slaapplek vir 5. Elke chalet is smaakvol versier in 'n Afrika-styl met dwarslêer-meubels. Al die kamers het of 'n dubbelbed of driekwartbeddens en elk het sy eie badkamer. Die selfsorg-eenheid bestaan uit 3 slaapkamers, 'n kombuis, 'n leefarea, badkamers en lieflike braaigeriewe.
Gaste kan 'n wildrit geniet waar tot 33 wildspesies besigtig kan word, insluitend: kameelperde, swartwitpense en vlakvarke. Die gemeenskaplike areas sluit in: die bos-lapa, 'n vuurput, braaigeriewe, 'n swembad en 'n eetarea.
Daar is ook 'n pragtige trou-venue en konferensiesaal, met 'n kerkie.
Cheasas Peak Lodge is 'n wildplaas langs die N8 op pad na Petrusburg. Die plaas bied verblyf, 'n trou-venue, restaurant en kroeg en geleentheid vir jag. Verder is daar 'n swembad, braai-area en kombuisgeriewe vir groepe op die plaas.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Dataprojektor
- DVD-speler
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Ligging
- N8, Kotze's Gift Plaas, Petrusburg, 9301, Vrystaat
Sien meer verblyf in Vrystaat
- Kapasiteit: 47 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: N8, Kotze's Gift Plaas, Petrusburg, 9301, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom