LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Cheerio Gardens | LekkeSlaap
+141

Cheerio Gardens

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cheerio Gardens, L4.2 Pad (langs die R71), Magoebaskloof, 0730, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 400 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Cheerio Gardens bied selfsorg-verblyf in Magoebaskloof. Dit is net 3,5 km vanaf die R71 tussen Tzaneen en Polokwane en net 8 km van die dorpie Haenertsburg af. Cheerio Gardens bied ontspannende en gerieflike verblyf op 'n plaas, en is ideaal vir alle besoekers wat hulle batterye wil herlaai.

Verblyf word gebied in selfsorgkothuise wat onderskeidelik slaapplek het vir 4 tot 6 gaste. Alle beddegoed word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring. Elke kothuis se kombuis is met eetgerei, breekware en kookgerei toegerus. Elke kothuis het braaigeriewe buite en 'n kaggel binne. Die kothuise word daagliks tussen 09:00 en 10:00 skoongemaak.

Buiten die ongereelde geluid van 'n kettingsaag op die plaas langsaan, die plaaswerkers wat vir mekaar fluit in die vallei en die rustige Samango-ape wat van boom na boom spring, is daar nie 'n rustiger plek as dié nie.

Doendinge op die perseel sluit staproetes, voetslaanroetes, voëlkyk, bergfietsroetes en piekniek in. Daar is ook 'n restaurant en trou-venue op die perseel. Let asb. op dat selfoonsein op die plaas beperk is. WiFi is in die restaurant beskikbaar, maar nie in die kothuise nie.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Restaurant op Perseel
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Internet
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 22 resensies vir Cheerio Gardens
Netheid
4.5/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Cheerio Gardens, L4.2 Pad (langs die R71), Magoebaskloof, 0730, Limpopo
  • Gaste dink Cheerio Gardens het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 400
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 400
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cheerio Gardens, L4.2 Pad (langs die R71), Magoebaskloof, 0730, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAApfafmEhQUsT7eSXHtDs3oRuiuaG4TqjXovSl4MrCctxh0bjlYj?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 400  per nag (plek vir 4) 22 5 1 5 Cheerio Gardens L4.2 Road off the R71 0730 Limpopo 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -23.893014 29.953123
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!