Cheetah Paw Eco Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Cheetah Paw Eco Lodge is 'n juweel in 'n ongerepte hoekie van die bosveld in Guernsey Privaat Natuurreservaat. Die reservaat is gerieflik naby Hoedspruit en die Krugerwildtuin se Orpenhek.

Elke 4-ster-tent beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n dubbelwasbakeenheid, 'n bad, binne- en buitestorte en 'n ingeslote toilet. Lugversorging, 'n skootrekenaarkluis, haardroër en koffie- en teemaakgeriewe is ook beskikbaar. Die tente staan in die veld en bied 'n privaat atmosfeer, maar dit is ook stapafstand van die hooflodge af.

Elke terras is oorkant 'n watergat en het 'n wonderskone uitsig oor die bosveld en die Drakensberge. Kyk hoe die diere suip en staan verstom voor die son wat oor die berge sak terwyl jy teug aan 'n heerlike skemerkelkie. Koel af in die swembad na 'n avontuurlustige dag in die veld.

Tru-osmose-water is gratis beskikbaar in die kroeg en gesuiwerde drinkwater is beskikbaar in die tentkamers.

Daar is gratis WiFi in die openbare areas en 'n TV met internasionale kanale in die gerieflike sitkamer.

Die geregte by Cheetah Paw word daagliks voorberei met vars, plaaslike bestanddele en ons maak ook voorsiening vir spesiale dieetvoorkeure.

Toere na die Krugerwildtuin, wildritte in 'n Groot 5-reservaat, staptogte in die bosveld, Panorama-toere en baie ander aktiwiteite kan bespreek en gereël word. Tariewe is beskikbaar op versoek. Ons gekwalifiseerde gids praat vlot Engels, Nederlands en Duits.

Vervoer na- en vanaf die Eastgate Lughawe in Hoedspruit (45 minute se ry) of Mpumalanga Internasionale Lughawe Nelspruit (2 ure se ry) kan gereël word op versoek.

Die span by Cheetah Paw Eco Lodge verwelkom jou hartlik en sal seker maak dat jou tydjie hier onvergeetlik sal wees!

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Groot 5
  •  Wynproe
  •  Wildritte

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Duits

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cheetah Paw Eco Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 300 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za