Lawrence Rocks Akkommodasie by Chesapeake Bay 30 | LekkeSlaap
+20

Chesapeake Bay 30

Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 11 nagte of langer is. Geldig vanaf 24 Apr 2020 tot 31 Jan 2021.

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Marienerylaan 125, Margate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R760 R684 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Chesapeake Bay 30 is geleë in die skilderagtige en gewilde kusdorp Margate in KwaZulu-Natal. Die unieke eenheid met 'n groot balkon, 2 slaapkamers en 2 badkamers is 'n netjiese, goed toegeruste selfsorg-vakansiewoonstel in 'n mooi en veilige kompleks.

Die leefarea en hoofslaapkamer het skuifdeure wat lei na die balkon met patiostel. ‘n Panoramiese 180°-uitsig oor die strand en branders kan vanaf die balkon geniet word, sowel as ‘n pragtige uitsig vanuit die woonstel self. Mens hoor sommer hoe breek die branders!

Die woonstel se ingang is op gelykvlak met die parkeerarea. Daar is dus geen trappe van die veilige parkeerarea, swembad, tennisbaan en wassery na die eenheid of binne die eenheid self nie. Aan die seekant is dit egter op die tweede verdieping wat die ongelooflike see-uitsig bied. Dolfyne en walvisse word gereeld vanaf die balkon en vanuit die woonstel gewaar.

Dié eenheid is ten volle ingerig vir selfsorg. Daar is slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders onder 12 jaar. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte bed en 'n en-suite badkamer met 'n stort, met 'n skuifdeur wat na die balkon lei. Die tweede slaapkamer het ook 'n koningingrootte bed. Daar is 'n tweede badkamer met 'n bad. 'n Slaapbank in die leefarea is vir maksimum 2 kinders onder 12 jaar.

Daar is 'n swembad, tennisbaan, wassery en braai-areas op die veilige omheinde, privaat perseel en 'n aangewese onderdakparkeerplek.

Die woonstel het 'n platskerm-TV in die leefarea met SABC-kanale, eTV en 'n enkelkabel DStv-koppelpunt (Dus nie voldoende vir DStv Explora nie). Gaste moet hul eie DStv-dekodeerder bring (nie Explora nie) of kan gehuur word by Martin Electronics in Margate. Gaste moet Martin Electronics self skakel om reëlings in verband hiermee te tref. Linne word voorsien, maar bring asseblief eie handdoeke, toiletware en ekstra toiletpapier. Daar is dakwaaiers in die hele eenheid. 'n Ekstra skoonmaakdiens is beskikbaar teen addisionele koste en kan met aankoms gereël word met die persoon wat die sleutels oorhandig.

Die kompleks is op 'n eersteklas-erf reg langs die see geleë, slegs ‘n paar meter vanaf 'n groot strandgedeelte, rotse en rotspoele, met ook 'n baie mooi getypoel tussen die rotse. Chesapeake Bay is minder as 1 km suid van Margate se beroemde hoofstrand en middedorp wat verskeie restaurante, inkopiesentrums en vermaakgeriewe bied. Ramsgate se strand en restaurante is weer minder as 3 km suid van die kompleks op pad na die Wildekus. Daar is 'n lieflike wandelpaadjie al langs die kus van reg onder die kompleks, verby die bekende Margate-visvangkaai tot by Margate se gewilde hoofstrand. Trappe lei na ander pragtige strande op verskeie plekke langs die roete.

Slaapplek

’n Bespreking by Chesapeake Bay 30 sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelslaapbank
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 19 resensies vir Chesapeake Bay 30
Netheid
4.1/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.1/5

Ligging

  • Marienerylaan 125, Margate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Chesapeake Bay 30 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R760
Vanaf R684
per nag (plek vir 4)
was R760
Vanaf R684
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Marienerylaan 125, Margate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDVjMzQ3NjI0LTFkMDMtNDI2Yy1hYzAyLTJjMTE3NzBhMDZkNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R760, nou Vanaf R684  per nag (plek vir 4) 19 5 1 5 125 Marine Drive Margate 4285 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 09:00 -30.869752561597 30.367050468922
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za