Cheval Vapeur

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Cheval Vapeur is 'n perdeplaas in die hartjie van Kaapstad se seisoenale vleilande in die Philippi Tuinbou-area, 'n landelike area met verskeie plase op die Kaapse Vlakte tussen Ottery en Mitchells Plain. Dis 'n rustige oase en natuurparadys.

Daar is 12 eenhede met slaapplek vir 42. Die eenhede word daagliks skoongemaak behalwe op Sondae en openbare vakansiedae. Braaigeriewe is beskikbaar.

Cheval Vapeur het 24 uur-sekuriteit met gewapende reaksie, elektriese heinings, nagwagte, honde en inwonende eienaars.

Dit is veilig, afgesonder en stil, maar tog sentraal en naby baie van Kaapstad se besienswaardighede. Die Royal Cape Gholfklub en Zeekoevlei Voëlreservaat is net 10 minute se ry van die perseel af. Wynberg, Kenilworth, Plumstead en Muizenberg is 15 tot 20 minute se ry van die perseel af en die V&A Waterfront en die middestad is 25 tot 30 minute weg.

Daar is ook 'n dam op die perseel met 'n boot, maar as gevolg van die droogte is die dam op die oomblik leeg.

'n Groot verskeidenheid voëls is op die plaas te sien en daar is ook 'n groep westelike luiperdpaddas wat op die plaas woon.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Italiaans
  •  Xhosa

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cheval Vapeur gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R260 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za