Chianti's Self Catering

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Chianti bestaan uit 4 selfsorg-eenhede, 'n eenheid met slaapplek vir 2 gaste, 'n gesinseenheid met slaapplek vir 4 gaste, 'n luukse gesinskamer met slaapplek vir 4 gaste en 'n huis met slaapplek vir 4 gaste.

Ons is in die pragtige, stil vissersdorpie Port Edward geleë. Dis die laaste dorp aan die Suidkus voordat die Transkei bereik word.

Chianti verskaf 'n ontspanne omgewing waar gaste se behoeftes aan voldoen word, en dit beteken uitstekende waarde vir geld! Die instansie is omhein en daar is veilige parkeerplek met direkte toegang tot 'n privaat ingang, sodat gaste kan kom en gaan soos hulle wil. Daar is ook onderdakparkeerplek.

Die eenhede is huislik versier. Die kombuis het graniettoonbanke en is ten volle toegerus met alles wat gaste sal benodig. Die slaapkamers is ruim en kleurvol met genoeg ingeboude kaste.

Ontspan in die gerief van jou eie pragtige woonstel. Daar is groot onderdak stoepe wat as rookarea gebruik kan word en waar gaste skemerkelkies en 'n braai kan geniet. Blou-apies besoek gereeld!

Vir gaste in die luukse gesinseenheid en romantiese eenhede: koel af in die lieflike swembad, terwyl jy 'n pragtige stukkie van die Indiese Oseaan bewonder.

Port Edward is 'n gewilde hengelbestemming vir diepsee- asook rotshengel (vanaf die bekende Splash-rotse). Jy kan lekker doendinge op die pragtige Silverstrand geniet. Port Edward is sentraal geleë met 'n verskedenheid Suidkus-besienswaardighede soos Elandsmeer, Oribi-kloof, Umtamvuna Natuurreservaat en Leopard Rock, om maar net 'n paar te noem.

As jy 'n entoesiatiese gholfspeler is, kan jy kies en keur tussen 'n paar gholfbane, soos die Wildekus-, Port Edward-, Southbroom- of San Lameer-gholfbane.

Klim die 86 trappe van die North Sand Bluff Vuurtoring, vir asemrowende uitsigte oor die kus (wonderlike plek om ook jou ontbyt of ligte maaltyd by te geniet).

Chianti is die tipe plek wat sakereisigers en vakansiegangers tuis sal laat voel. Let asb. daarop dat geen harde musiek, geluide of troeteldiere toegelaat nie.

Die eienaars bly op die eiendom en is beskikbaar indien jy enige bystand benodig.

Daar is 2 eenhede met slaapplek vir 4 gaste. Die een het slaapplek vir 2 gaste en die ander het slaapplek vir 6 gaste. Die bespreking is vir die hoeveelheid gaste waarvoor bespreek en betaal word - niks meer nie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Chianti's Self Catering gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za