50% af Kry 50% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 20 Mrt 2020 tot 31 Mei 2020.
Wavecrest Akkommodasie by Chichi's Beach Accommodation | LekkeSlaap
+63
+63

Chichi's Beach Accommodation

4 resensies
Selfsorg
  • Spesiale Aanbod - Kry 50% af
  • Vanaf R1 732 R866 per nag (plek vir 4)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tecomastraat 6, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Chichi's Beach Accommodation bied gerieflike selfsorgverblyf op die strand in Wavecrest, naby die Super Tubes.

Gaste het 'n keuse om by Chichi's Beach House of Chichi Beach Apartment te bespreek.

Die Beach House bied slaapplek aan 6 gaste. Dit beskik oor 2 slaapkamers, elk met 'n dubbelbed, en 2 enkelbeddens is in die leefarea beskikbaar. Die eenheid het 'n badkamer met 'n stort, bad en toilet, asook 'n aparte gastetoilet. Gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Die Beach Apartment bied slaapplek aan tot 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n stapelbed wat in 'n enkelbed, 2 enkelbeddens of 'n dubbelbed omskep kan word. Die eenheid het 'n badkamer met 'n toilet en stort. Gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Elke eenheid het 'n kombuis met 'n mikrogolfoond, yskas, stoof, tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is 'n TV met DStv, asook WiFi in albei eenhede.

Onderdakparkeerplek vir die woonstel en huis huis is beskikbaar. Let asb. daarop dat die eienaar op die perseel woon en het 2 baie vriendelike honde. Ander troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie. 'n Skoonmaakdiens is op versoek, teen 'n addisionele koste van R150 per dag beskikbaar.

Chichi's Beach Accommodation is slegs 1,5 km van 2 winkelsentrums af. Jeffreysbaai bied verskeie doendinge en besienswaardighede soos branderplankry, sandbordry, valskermspring, bergfietsroetes, die Afrika Dawn Wildlife Sanctuary, die Dolfyn-strand Entertainment Centre, en vele meer.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 4 resensies vir Chichi's Beach Accommodation
Netheid
3.5/5
Diens
4.3/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Tecomastraat 6, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Gaste dink Chichi's Beach Accommodation het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R1 732
Vanaf R866
per nag (plek vir 4)
was R1 732
Vanaf R866
per nag (plek vir 4)
was R1 732
Vanaf R866
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tecomastraat 6, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDc3NjU0Yzc0LTdlMGQtNDdiMC04N2VjLWY2YjFiYmI3Mzk4Ng?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R1 732, nou Vanaf R866  per nag (plek vir 2) 4 5 1 5 6 Tecoma Street Wavecrest 6330 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.0230869 24.92822
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za