Chrislin African Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Chrislin Addo Lodge 'n rustige toevlugsoord wat omring is deur Addo sitrusplase. Ons is geleë in die hartjie van die malaria-vrye Addo, 12 km vanaf die Addo Olifantpark, en naby heelwat privaat reservate in die Groter Addo-area.

Die goed toegeruste en suite-kamers, elkeen met 'n eie aparte ingang, is sorgvuldig ingerig om ons gaste tuis te laat voel. Gaste kan kies tussen hutte met koninggrootte-, koningingrootte- of 2 enkelbeddens.

Al ons suites is ontwerp om dit so gerieflik as moontlik te maak vir 2 persone wat deel, en beskik oor die volgende:
* Die Garden en Sunset-hut het slaapplek vir 1 kind onder die ouderdom van 12 en beskik oor 'n slaapbank/matras in die ouers se kamer.
* Die Orchard-hut het slaapplek vir 2 kinders onder die ouderdom van 17, hoewel spesiale reëlings getref kan word vir 3 kinders onder die ouderdom van 12. Daar is 'n slaapbank in die ouers se kamer.

Die Garden- en Orchard-hutte beskik elk oor 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet, tee- en koffiemaakgeriewe, yskas, plafonwaaier, radiowekker en haardroër.

Die groter Orchard-hutte is beskik ook oor lugversorging, 'n aantrekkamer en 'n sitkamer-area met 'n slaapbank.

Ons verblyf is geskik vir paartjies of gesinne. Die Sunset-hutte se kamers deel 'n stoep wat lieflike uitsigte oor die sonsondergang bied, maar word ook deur 'n skakeldeur geskei sodat gaste meer privaatheid kan hê.

Ons tradisionele Afrika-hutte is langs die swembad geleë. Gaste kan hier ontspan of 'n entjie op die plaas gaan stap.

Die grasdak-sitkamer bied 'n heerlike plek om in die sonnetjie te ontspan of 'n skemerkelkie te geniet. Chrislin B&B se goed versorgde, uitgestrekte tuine is ideaal vir voëlkyk en die sprankelende swembad is maklik bereikbaar van al die gaste-suites af.

Chrislin African Lodge spog met top-gehalte geriewe en -dienste, wat jou verblyf in Addo onvergeetlik sal maak.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Wynkelder
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Wegbreekkamers
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Chrislin African Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 540 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false