Cinnamon House Bed & Breakfast

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Cinnamon House bied verblyf aan in gastekamers in Milnerton in Kaapstad. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf na aan verskeie geriewe en besienswaardighede.

Verblyf word aangebied in 5 kamers wat elk uniek en smaakvol versier is. Die kamers beskik elk oor of 'n dubbelbed, of 2 enkelbeddens of 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort of bad, wasbak en toilet. Elke kamer het ook lugversorging, gratis WiFi, 'n TV met sekere DStv-kanale en tee- en koffiemaakgeriewe.

'n Heerlike ontbyt word in die eetkamer voorgesit en die gastehuis het ook 'n swembad en eerlikheidskroeg waarvan gaste gebruik kan maak. Sakereisigers sal bly wees om te verneem dat daar 'n konferensiekamer is wat bespreek kan word vir tot 20 afgevaardigdes.

Veilige parkeerplek word voorsien en wasgoeddienste is beskikbaar. Cinnamon House is na aan 'n paar winkels, restaurante en ander geriewe. Dit is ook slegs 1 km van die strand af en 'n kort tydjie agter die stuur is al wat tussen jou en Century City asook die Kaap se ander besienswaardighede staan.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  Witborde
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cinnamon House Bed & Breakfast gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 300 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false