Clairvaux House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Clairvaux House het 'n sentrale ligging in die lieflike dorpie Kalkbaai binne stapafstand vanaf die hawe en gewilde eetplekke soos Olympia Cafe, Cape to Cuba en The Brass Bell. Die verblyf word aangebied in die oorspronklike drieslaapkamer-opstal van die eerste familie wat in die area geboer het.

Die huis bied gedeeltelike uitsigte oor die see en die hawe. Dit het 3 slaapkamers, 1 badkamer, 'n kombuis en 'n ruim sitkamer met 'n kaggel vir koue winteraande. Die sitkamer is ook toegerus met 'n TV met volle DStv. Die kombuis is goed toegerus met 'n yskas, 'n oond en stoof, 'n mikrogolfoond, 'n eetkamertafel en -stoele, asook 'n binnehof met uitsigte oor die berg. Linne en badhanddoeke word voorsien en daar is ook WiFi in die huis. Daar is parkeerplek van die straat af beskikbaar.

Kalkbaai se treinstasie is stapafstand van die huis af geleë. Die dorpie is tussen pragtige berge en skilderagtige strande weggesteek en dit bied 'n lieflike, ontspanne atmosfeer.

Slaapplek

'n Bespreking by Clairvaux House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Clairvaux House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 000 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za