Clanwilliam Lodge and Spa

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Clanwilliam Lodge and Spa is 'n geskiedkundige gebou wat uit die 1920s dateer en eens 'n meisieskoshuis was. Dit is by die ingang na Clanwilliam net sowat 225 km noord van Kaapstad langs die N7 op pad na Namibië. Clanwilliam is die rooibostee-hoofstad van die wêreld en skuil in die hartjie van die Sederberge.

Die lodge bied verblyf in verskillende style, insluitend executive-, premier- en standaardkamers. Al die kamers het lugversorging, 'n en suite-badkamer en tee- en koffiemaakgeriewe.

Geniet ontbyt, middagete, happies en heerlike aandetes by die Palms Restaurant op die perseel. Dit is langs 'n groot swembad en 'n tuin. Die kelkiekroeg met sy Marokkaanse sitarea bied die beste mengeldrankies in die Sederberg, asook shooters en warm en koue drankies.

Die lodge is ten volle toegerus vir konferensies en is dus ideaal vir vergaderings en wegbreke in 'n rustige area met verskeie buitelugdoendinge. Daar is veilige parkeerplek en 'n spa op die perseel wat masseersessies en gesigbehandelings doen.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Internet
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Clanwilliam Lodge And Spa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 420 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za