Seaviews

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Seaviews selfsorg-vakansieverblyf is in die Seaviews Vakansie-oord in Jeffreysbaai. Dit is net 800 m van die see af, maar het ongelukkig geen see-uitsig nie.

Die huis het 2 slaapkamers met 2 badkamers en bied slaapplek aan 8 tot 10 gaste. Gaste moet asb. hul eie handdoeke bring. Daar is 'n oopplan-kombuis en -sitkamer. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, diepvrieskas, stoof, mikrogolf en 'n wasmasjien. Die sitkamer het 'n TV met 'n DStv-koppelpunt en 'n DVD-speler. Gaste kan hul eie dekodeerder en slimkaart bring. Vir gaste wat nie hul eie DStv het nie is daar 'n OVHD-dekodeerder met 18 TV-kanale en radio-kanale.

Die huis het 'n groot binnebraai, asook 'n draagbare braai. Parkeerplek is agter die huis beskikbaar. Let daarop dat troeteldiere nie toegelaat word nie.

Gaste is ook welkom om gebruik te maak van die groot swembad, die kinderswembadjie in die kompleks en die braaigeriewe by die swembad. Daar is 2 tennisbane, 'n speelparkie vir kindertjies en 24 uur-sekuriteit. Gaste kan die groot sale by die Seaviews-kompleks bespreek vir troues, verjaarsdae of enige ander funksies.

Matrikulante word nie sonder ouertoesig toegelaat nie

Slaapplek

'n Bespreking by Seaviews sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 5 persone
3 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Seaviews gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R560 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false