Clarens Butterfly Villa

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Clarens Butterfly Villa lê aan die voet van die Maluti- en Rooiberge in Clarens. Dié dorpie spog met welige bome en lekker lang sonskyndae wat dit die perfekte wegbreekplek maak.

Dié vakansie-villa het 3 slaapkamers met slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer met die dubbelbed kry heerlike oggendson en bied 'n pragtige uitsig op die Clarens-berge. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens met 'n uitsig oor die laventeltuin en die fontein. Albei kamers het 'n en suite-badkamer. Daar is 'n klein kamertjie met 'n dubbelbed en 'n dubbelslaapbank vir 2 bykomende gaste.

Die villa het 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetkamer. Die kombuis is goed toegerus met 'n stoof, yskas-vrieskas en 'n mikrogolfoond. Sitplek is vir 6 gaste in die eetarea beskikbaar. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n kaggel.

Doendinge in die area sluit reptiel-vertonings, kunsvlieghengel, voetslaan, perdry en 4x4-avonture in.

Slaapplek

'n Bespreking by Clarens Butterfly Villa sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Clarens Butterfly Villa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za