Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Clarens On Collett

Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 30% af

Kry 30% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Collettstraat 17, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 100 R770 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Clarens On Collett is in die bekoorlike dorpie Clarens, in die Vrystaat geleë. Verblyf is beskikbaar in 2 eenhede naamlik die Clarinet-woonstel met slaapplek vir 2 gaste en Cello-kothuis met slaapplek vir 4 gaste. Albei eenhede is modern en helder en smaakvol versier. Beide eenhede is op 'n perseel van 3000 m² met pragtige tuine en 'n pragtige berguitsig. Dit is ongeveer 1 km vanaf die middedorp in die rustige Kloof-area van Clarens. Die verblyf is op die Park Run-roete en stapafstand van die dorpsvierkant en die Natuurreservaat af.

Clarinet-woonstel is 'n privaat eenheid met 'n nuut-opgeknapte kombuis, slaaparea, klein eetarea en 'n en suite-badkamer. Daar is ook 'n stoep met braaigeriewe en 'n skadudakkie wat teruggetrek kan word sowel as stoepmeubels vanwaar gaste die pragtige berguitsig kan geniet. Daar is 'n aparte oprit en die woonstel word bereik via trappe wat lei na die balkon.

Cello-kothuis is 'n splinternuwe en lekker knus tweeslaapkamerkothuis met 2 badkamers. Dit is agter die hoofhuis en bied 'n pragtige uitsig. Die kombuis is goed toegerus en die kothuis het ook 'n oopplan-sitarea en toegeboude stoep met ingeboude braaigeriewe in die eetarea. Daar is ook 'n buite-sitarea vanwaar gaste die berguitsig kan geniet of die somerson kan indrink.

Veilige parkeerplek is agter 'n afstandbeheerde hek beskikbaar. Addisionele geriewe sluit ADSL, elektriese komberse, verwarmers, haardroërs, badhanddoeke, linne, eetgerei en breekware in. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en wasmasjien in die kothuis. Alle gaste ontvang brikette, vuuraanstekers en komplimentêre items soos koffie, tee, suiker en melk.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 13 resensies vir Clarens On Collett
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.7/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Mandy Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 13

Jaar gelys 4

Ligging

  • Collettstraat 17, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Clarens On Collett het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 100
R1 100 R770
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 100
R1 100 R770
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Collettstraat 17, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc9a7f16be9ff6862b5472bd761cc77468ac5c793f7aab153855c27246025d086a010c347e62127721dc55f174a607f8084ee?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 100 nouVanaf R770 per nag (plek vir 2) 13 5 1 5 17 Collett Street Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -28.519284 28.412863
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem