105 Claridge Heights

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

105 Claridge Heights is 'n grondvloerwoonstel in 'n sekuriteitskompleks in Ramsgate, 'n dorp net suid van Margate aan KwaZulu-Natal se suidkus.

Dié dubbelverdieping-eenheid is minder as 800 m van Ramsgate se Blouvlagstrand af en naby die gewilde Waffle House, 'n verskeidenheid kroeë en restaurante in die dorp.

Die eenheid bied slaapplek aan 4 volwassenes en 2 kinders. Daar is 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 2 enkelbeddens in die leefarea vir 2 kinders.

Die kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Die sitkamer het 'n sitkamerstel en 'n TV met 'n DStv-koppelpunt. Gaste moet hul eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saambring. Daar is veilige parkeerplek vir 1 voertuig.

Slaapplek

'n Bespreking by 105 Claridge Heights sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 kinders
2 x Kindermatras vir 1

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 105 Claridge Heights gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za