Vanrhynsdorp Akkommodasie by Clear Water Oasis Guest Farm | LekkeSlaap
+28
+28

Clear Water Oasis Guest Farm

100 resensies
Gastehuis
  • Vanaf R685 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 16 persone, alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Droësand Plaas 245, Erfdeel 1, Vanrhynsdorp, 8170, Wes-Kaap

Beskrywing

Clear Water Oasis is 'n familieplaas wat lekker naby Vanrhynsdorp, langs die R27, onderweg na Namibië en Kaapstad geleë is. Die plaas is in 'n rustige area geleë en is 'n goeie plek om te bly as jy Namakwaland en die Weskus met sy tientalle besienswaardighede wil besoek. Daar is ook kampeerplek.

Verblyf is beskikbaar is verskeie kamers, of dit nou vir 'n sakereis of vir vakansiepret is. Daar is 4 oornagkamers met 'n kroegyskassie, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, en 'n TV met sekere DStv-kanale. Die kamers het nie ’n kombuis nie. Daar is ook 2 selfsorgeenhede wat 'n kombuisie met 'n stoof, yskas-vrieskas en 'n braai-area op die stoep het. Alle kamers/eenhede het lugversorging, mikrogolfoonde en ’n TV met sekere DStv-kanale. Daar is 4 kampeerplekke en elke kampeerplek het 'n braai-area. Kampeerplekke word deur houtmure geskei om privaatheid te bied. Die badkamers word gedeel.

Die kamers word daagliks skoongemaak, behalwe op Sondae en openbare vakansiedae. 'n Wasgoeddiens is beskikbaar teen addisionele koste (net in die week). Sakegeriewe soos WiFi, skandeer- en e-pos-geriewe is beskikbaar op versoek. Alle gaste is welkom om gebruik te maak van die swembad en Jacuzzi, maar geen kinders onder die ouderdom van 18 word toegelaat sonder volwasse toesig nie. Geen dagbesoekers nie.

Paiter's Grill is op die plaas in 'n pragtige lapa geleë met die swembad reg langsaan en die Maskamberg in die agtergrond. Die venue/restaurant is ook beskikbaar vir kleiner funksies, verjaarsdagpartytjies, intieme troues en werkswinkels.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Rolstoelvriendelik
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Fietsry

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 100 resensies vir Clear Water Oasis Guest Farm
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Droësand Plaas 245, Erfdeel 1, Vanrhynsdorp, 8170, Wes-Kaap
  • Gaste dink Clear Water Oasis Guest Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R685
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R685
per nag (vir 2 persone)
VEILIGE BETALING VIA
LEKKESLAAP.CO.ZA
Vanaf R685
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 persone, alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Droësand Plaas 245, Erfdeel 1, Vanrhynsdorp, 8170, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDgzN2E3MDI4LTQyYmMtNGU4Yi1hMTEzLWYxZThmN2ExNWNkZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R685  per nag (vir 2 persone) 100 5 1 4.8 Droësand Farm 245. Portion 1 Vanrhynsdorp 8170 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -31.586977213827 18.780542720597
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za