LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Clifton Sunsets | LekkeSlaap
+36

Clifton Sunsets

Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 30% af

Kry 30% af vir verblyf wat 20 nagte of langer is. Geldig vanaf 17 Jan 2021 tot 17 Des 2021.

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Kloofweg 189, Clifton, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R7 000 R4 900 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Clifton Sunsets is 'n pragtige huis met 4 slaapkamers wat smaakvol gemeubileer is. Dit het pragtige see-uitsigte en dit is in die modieuse Clifton geleë. Die huis het 'n dek, tuinarea en lieflike swembad wat oor die see kyk.

Die huis is in Kloofstraat geleë, dit kyk oor die gewilde Clifton-strande en dit is sowat 1,4 km van Kampsbaai se strande af. Die huis bied gerieflike selfsorgverblyf wat ideaal is vir gesinne of paartjies. Daar is 'n ruim eet- en sitkamer wat na 'n stoep met asemrowende uitsigte lei. Die stoep het 'n eetarea buite. Die oopplan-kombuis is volledig toegerus en dit het 'n ontbyttoonbank. Die gerieflike sitkamer het 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n DVD-speler.

Daar is 3 slaapkamers in die hoofhuis en 'n vierde slaapkamer op die tweede verdieping met sy eie ingang. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die kamer het see-uitsigte, ingeboude kaste en lugversorging. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Die kamer het ingeboude kaste, 'n waaier en toegang tot 'n aparte badkamer. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, ingeboude kaste, 'n waaier en toegang tot 'n gedeelde badkamer. Die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die kamer het lugversorging en dit is op die boonste verdieping. Daar is trappe op na die slaapkamer.

Die huis het 2 verdiepings en daar is trappe na die perseel. Die huis het ook 'n tweede klein swembad. Gaste het toegang tot braaigeriewe en 'n motorhuis vir 4 voertuie. Die huis word daagliks skoongemaak, behalwe oor naweke. Die huis is veilig met 'n alarmstelsel en 'n interkom.

Slaapplek

’n Bespreking by Clifton Sunsets sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
Plek vir 8 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xKoningingrootte-bed
2 xKoninggrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Skoonheidskliniek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • DVD-speler
  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Ligging

  • Kloofweg 189, Clifton, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R7 000
Vanaf R4 900
per nag (plek vir 8)
was R7 000
Vanaf R4 900
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Kloofweg 189, Clifton, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAADDuaPEOI6JSsxQd5b11zCdnwCYunFwlWAPPztLFt6xlYvpy1Yk?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R7 000, nou Vanaf R4 900  per nag (plek vir 8) 189 Kloof Road Clifton 8005 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-23:00 11:00 -33.941825351044 18.378074682209
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!