Clifton View

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Clifton View is in die gewilde kusbuurt Clifton in Kaapstad geleë en bied gehalteverblyf naby verskeie winkels, wêreldklasrestaurante en strande. Dit is naby verskeie doendinge en besienswaardighede in die Moederstad.

Dié woonstel het lugversorging, 3 slaapkamers en 2 badkamers. Elke kamer het 'n koninggrootte-bed en die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n groot bad, toilet en 'n wasbak. Die hoofslaapkamer kyk uit oor die see en lei na 'n balkon met 'n aparte ingang. Die tweede badkamer is apart en het 'n instapstort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus. Daar is 'n skottelgoedwasser, 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër.

Die oopplan-leefarea het gerieflike sitplek. Die sitkamer lei na 'n balkon met 'n mooi uitsig oor die strande en die berge. Daar is 'n eetkamertafel waar gaste saam etes kan geniet. Gratis WiFi is beskikbaar.

Parkeerplek is in die straat beskikbaar. Alternatiewelik, kan parkeerplek teen 'n ekstra koste en onderhewig aan beskikbaarheid gereël word.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Clifton View gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 600 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za