Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Cloud 59

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Poussionstraat 59, Loevenstein, Bellville, 7530, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 300 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Cloud 59 'n pragtige eenheid op die eienaar se perseel in Welgemoed teen die Tygerbergheuwels. Met 'n sentrale ligging en vinnige toegang tot die N1 is dit die ideale basis vanwaar gaste die Kaapse Skiereiland kan verken.

Die eenheid het 'n privaat ingang en beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuisie en -leefarea. Die slaapkamer het 'n gemaklike koningingrootte-bed en die klein badkamer het 'n stort, wasbak en toilet.

Die kombuisie is met basiese kookgeriewe toegerus, soos 'n yskassie en mikrogolfoond, én daar is 'n Nespresso-koffiemasjien met 'n paar kapsules, gewone koffie, tee, melk en suiker. Ekstra Nespresso-kapsules en ander peuselgoed en drankies is te koop. Die leefarea is ruim en het 'n kaggel, 2 rusbanke en 'n 50"-TV wat Netflix, YouTube en meer kan stroom. Gratis WiFi met goeie sein is oral in die eenheid beskikbaar.

Met skouspelagtige uitsigte in die agtergrond is dit die ideale omgewing vir 'n ontspannende aand voor die kaggel met 'n glasie wyn van een van die nabygeleë wynplase. Daar is ook 'n ingeboude gasbraai waarvan gaste gebruik kan maak.

Veilige motorhuisparkeerplek wat met die eienaars gedeel word, is beskikbaar. Die privaat ingang na die eenheid lei direk vanaf die motorhuis. Die eenheid is met 'n alarrmstel beveilig wat deur die gaste aan- en afgesit kan word.

Slaapplek

’n Bespreking by Cloud 59 sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Kaggel
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 8 resensies vir Cloud 59
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Poussionstraat 59, Loevenstein, Bellville, 7530, Wes-Kaap
  • Gaste dink Cloud 59 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Poussionstraat 59, Loevenstein, Bellville, 7530, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA65e27157c60d2979905352fa5e857c85578b6300b52872c3fef49851a490e45e0c03c1366a808c7a35fc53492a8aee7afe68?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag (plek vir 2) 8 5 1 5 59 Poussion Street Loevenstein 7530 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-21:00 10:00 -33.878069368023 18.60926517791