Clouds End Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Clouds End Farm is 'n bekroonde vrugteplaas in die Hemel-en-Aarde-vallei, en is net 11 km buite Hermanus geleë. Dié plaas word deur 'n familie besit. Dis omring met berge en is die tuiste van sommige van Suid-Afrika se beste wyn- en vrugteplase.

Gaste kan in die Helderfontein-kothuis of The Pottery-kothuis tuisgaan. Die huisies is meer as 100 jaar oud en is versigtig opgeknap. Die kothuise se karakter is behou, maar tog is daar moderne geriewe in die huisies. Dié Grand Old Ladies is broos en is in 'n omgewingsensitiewe gebied geleë.

Helderfontein is 'n pragtige selfsorgkothuis met slaapplek vir 6 gaste in 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Die kombuis is goed toegerus en het 'n skottelgoedwasser. Die leefarea het 'n bio-etanol-kaggel en lei na 'n veranda met 'n pragtige uitsig en 'n braaiplek onder die bome.

The Pottery-kothuis is ingerig vir selfsorg en het slaapplek vir 4 gaste in 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is goed toegerus en het 'n skottelgoedwasser. Die leefarea het 'n bio-etanol-kaggel en lei na 'n veranda met 'n pragtige uitsig en 'n braaiplek onder die bome.

Hermanus is 'n bekende vakansiedorp aan die Suidkus. Dit is bekend vir die fantastiese geleentheid wat dit bied om tydens walvisseisoen op land en see walvisse te kyk. Die matige klimaat, buitelug-aktiwiteite, blommeryk omgewing en onmiddellike nabyheid aan Kaapstad maak Hermanus die perfekte dorp om die Kaapse Overberg vanaf te verken.

Kenmerke

  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Clouds End Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 000 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false