Coco De Mer Boutique Hotel

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Coco De Mer Boutiekhotel, met sy unieke Afro-Bali-styl, is in 'n natuurlike eko-woud met die soel, tropiese Indiese Oseaan in die agtergrond. Die kreatiewe interieur vloei pragtig saam met die natuurlike omgewing en die vriendelike Dolfynkus.

Die hotel bied op vindingryke wyse stilte én privaatheid aan sy gaste In die hartjie van die dorp se bedrywighede. Ervaar die harmonie en rustigheid van 'n onvergeetlike wegbreek, tesame met maklike toegang tot al die moderne winkels, malls, restaurante en besienswaardighede, boonop stapafstand vanaf eksklusiewe strande.

Coco De Mer word deur die eienaar bestuur en stel persoonlike interaksie met gaste hoog op prys. Dit is ons wens dat elke gas 'n verwelkoming sal ontvang wat so warm soos die sonnige Noordkus is, en dat hul elke oomblik van hul verblyf hier sal geniet. Ons bied ook uiters moderne konferensiegeriewe.

Coco De Mer Boutiekhotel bied elegante à-la-carte aandetes in ons pragtige restaurant Fiamma Grill, wat deur klassieke Italiaanse en Franse kookkuns geïnspireer is. Die restaurant lei na 'n dek buite waar die restaurant-gas opeens omring word deur die skoonheid en klanke van ons welige, tropiese ontwerperstuin. Ervaar die magiese prag teen die agtergrond van die luisterryke Indiese Oseaan.

Coco De Mer bied ook heerlike ontspanning langs die swembad met 'n kroeg en swembad-spyskaart vir lui, lomerige swembad-middagetes. Die hotel bied met trots sy mees onlangse toevoeging aan: 'n privaat wynkelder met 'n aanloklike sjef-tafel - 'n ware Noordkus-ervaring.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Frans
  •  Italiaans
  •  Portugees

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Kantoorgeriewe
  •  Sekretariële Geriewe
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Videospeler
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Drankies ingesluit
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee
  •  Alle Etes Ingesluit
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Coco De Mer Boutique Hotel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 380 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false