Columbasingel 33

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Columbasingel 33 bied selfsorgverblyf in die skilderagtige en rustige kusdorpie Groot-Brakrivier op die Tuinroete.

Die instansie beskik oor 'n ten volle toegeruste tweeslaapkamer-eenheid, asook 'n aparte eenslaapkamer-eenheid. Albei eenhede is totaal afgesonder met aparte ingange. Die eenhede kan wel saam bespreek word en gesamentlik gebruik word as 'n drieslaapkamereenheid met 3 afsonderlike badkamers. (Let asseblief daarop dat daar gedurende Desember-spitstyd 'n minimum-verblyftydperk van 8 nagte is. Daar is in totaal beddens vir 8 mense.)

Die eerste slaapkamer in die tweeslaapkamer-eenheid het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en die tweede slaapkamer het 'n dubbel- en enkelbed wat van 'n aparte badkamer met 'n bad gebruik maak. 'n Slaapbank is in die woonkamer beskikbaar om klein kindertjies te akkommodeer. Die woonstel het 'n kombuis wat volledig toegerus is en 'n leefarea met 'n TV en sekere DStv-kanale en dit bied toegang tot 'n stoep.

Die eenslaapkamer-eenheid het 'n dubbel- en 'n enkelbed, asook 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kombuisie is toegerus met 'n tweeplaatstofie, mikrogolfoond, yskassie, eetgerei en tee- en koffiemaakgeriewe.

Verskuifbare braaigeriewe asook parkeerplek op die erf is beskikbaar.

Nabygeleë besienswaardighede sluit Botlierskop Wildreservaat, die Tuinroete Nasionale Park, Botha- en Hersham-strand in, asook Hartenbos en Mosselbaai.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Columbasingel 33 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R450 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za