Alberton Akkommodasie by Commalong Lodge | LekkeSlaap
+26

Commalong Lodge

3 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Camelfordweg 15, New Redruth, Alberton, 1449, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R850 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Commalong Lodge bied selfsorgverblyf in Alberton en is ideaal vir gaste wat op soek is na langtermyn-akkommodasie met genoeg ruimte en al die nodige geriewe. Dié lodge skuil in die hartjie van Alberton en is net 25 km vanaf OR Tambo Internasionale Lughawe.

Commalong Lodge het 7 "executive" selfsorgwoonstelle met 'n koningingrootte-beddens. Elke woonstel het 'n slaapkamer, badkamer, kombuis en sitkamer. Vyf van die woonstelle het volledige badkamers en die ander 2 het net storte. Elke woonstel het lugversorging vir warm somermaande en 'n gesellige kaggel vir kouer wintersdae.

Ander geriewe sluit gratis, onbeperkte WiFi, 'n lapa-area, 'n sonverhitte swembad en 'n skoonmaakdiens daagliks van Maandag tot Vrydag in.

Die lodge het hoë mure met 'n elektriese heining en hek, gewapende reaksie met paniekknoppies, rookverklikkers en geslotekringtelevisie. Daar is oorgenoeg parkeerplek. 'n Wasgoeddiens kan teen 'n addisionele koste gereël word.

Die Reading Country Club is net 800 m van die lodge af. The Redruth Winkelsentrum, Unie Hospitaal, plaaslike industriële areas en Sedibeng Brewery is almal binne 15 km vanaf die lodge.

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 3 resensies vir Commalong Lodge
Netheid
4.3/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Camelfordweg 15, New Redruth, Alberton, 1449, Gauteng
  • Gaste dink Commalong Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R850
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R850
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Camelfordweg 15, New Redruth, Alberton, 1449, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDBiNDBkOGMzLTBjMDYtNDJkMi04ZTlmLWIyZWZiMWRhNWExZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R850  per nag (vir 2 persone) 3 5 1 5 15 Camelford Road New Redruth 1449 Gauteng 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -26.2674169 28.111045
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za