Comorant House
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cormorantstraat 6, St Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 940 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Comorant House is 'n selfsorgvakansiehuis met 'n swembad op die Golden Mile in St Helenabaai in die Wes-Kaap. Dit is ideaal vir 'n gesin of vriende wat op soek is na gerieflike verblyf naby aan verskeie doendinge en vermaak. Die huis het slaapplek vir 6 volwassenes en 2 kinders.
Die huis beskik oor 3 ruim slaapkamers met 2½ badkamers waarvan 1 en suite is. Die slaapkamers is netjies en oulik versier. Elke kamer bevat 'n koningingrootte-bed. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die ander 2 kamers het elk 2 enkelbeddens en hulle deel die ander badkamer met 'n stort en 'n bad, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis en eetarea is oopplan en beskik oor geriewe soos 'n yskas/vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n oond met 'n stoof, 'n skottelgoedwasser, oorgenoeg ingeboude kaste om breekware en eetgerei te stoor en ander toebehore. Die sitkamer het gerieflike sitplek en 'n dubbelslaapbank vir 2 mense. Verder is daar 'n kaggel om jou warm en knus te hou op winteraande en 'n TV met volle DStv.
Buite is daar braaigeriewe en 'n piekniektafel waar gaste lekker kan kuier en al fresco-etes kan geniet, of sommer net 'n luilekker dag langs die swembad kan deurbring. In die ruim motorhuis kan gaste ook lekker tafeltennis speel of pylgooi. Die huis het ook 'n omheinde tuin waar kinders veilig kan speel.
Daar is veilige parkeerplek beskikbaar. Binne 'n paar minute se ry kan gaste 'n hele rits besienswaardighede en doendinge aantref. Dit sluit in 4,5 km se strand, perdry en gholf, walvis- en dolfynkyk in seisoen en dan is daar ook winkels, restaurante, 'n spa en nog baie meer.
Slaapplek
’n Bespreking by Comorant House sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Fietsry
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Cormorantstraat 6, St Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
- Gaste dink Comorant House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Golden Mile St. Helenabaai Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cormorantstraat 6, St Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom